Beleid Voorwaardes Vra-n-Vraag Belangrik |
Verbruikers Beleidhello-oui.za.org
Lees Asseblief - Die Afrikaans bewoorde Voorwaardes hier bevat is net 'n deel van, en die mees belangrike items soos gepubliseer in die offisiele Engelse dokument op die HelloNet Webwerf - hello-oui.za.net/terms - wat die basis van die HelloNet - voorwaardes form ...
HelloNet - se aanvaarbare Vebruikers Beleid (VB) word verskaf om 'n duidelike aanwysing te gee aangaande die gebruik van ons dienste. All geregistreerde verbruikers of diegene wat dienste gebruik sonder lidmaatskap, moet hierdie Verbruikers beleid nakom; asook die Diens Voorwaardes (DV) soos aangebied op die "voorwaardes" blasy. Die gebruik van enige HelloNet - diens, bevestig automatiese aanvaarding van alle voorwaardes soos hier voorgehou.
 HelloNet Dienste - Hierdie dokument bevestig ons onderneming om uitsonderlike diens te lewer soos hieronder beskryf :
 Verseker betroubare diensverskaffing aan kliente.
Gehoorsaam bestaande lands, en Internasionale wette.
Behou en eer die privaatheid en sekuriteit van lede.
Beskerm ons reputasie as 'n diensverskaffer.
Verseker sekuriteit en privaatheid van ons Netwerk.

HelloNet - Veksaf aan sy kliente omtrent al die dienste, op die Internet beskikbaar. Ons glo in vrye spraak, maar aktiviteite wat hupbronne of andere nadelig kan beinvloed, word nie toegelaat nie.
Verbruikers - mag nie toegewyde bedieners, of werklike webtuistes gebruik om materiaal te publiseer wat HelloNet enigsins as ongewens beskou nie.
HelloNet - verwag van lede om verantwoordelik op te tree, ten alle tye. Indien 'n verbruiker enigsins onseker is aangaande enige aspek van ons voorwaardes, kan geskryf word aan - hulpdienste - vir advies ...

Verbruikers Beleidskending van regte
Skending - Die volgende aktiwiteite word beskou as skending van die aanvaarbare vebruikers regte en mag lei tot opheffing of be-eindiging van dienste:
Onwettige gebruik : Dienste mag nie vir onwettighede, of in ondersteuning van ontoelaatbare aktiviteite gebruik word nie.
Benadeling van minderjariges : Dienste om minderjariges te benadeel, of 'n poging daartoe, word verbied. Kinder pornografie sal onmiddelik by die owerhede aangemeld word.
Bedrog : dienste om bedrieglike aktiwiteite te vorder word verbied. Dit sluit in die verkoop van enige tipe van finansiele bedrogspel soos "pyramide skemas" "ponzi skemas" of "ketting briewe"
Herwinning van data : Dienste vir die bymekaarmaak van persoonlike informasie van derde partye, sonder hul wete of toestemming, word verbied.
Versending van Virusse : Die distribering van sagteware wat poog om skade te veroorsaak aan enige ander gebruiker word verbied.
Onverantwoordelike gebruik van sagteware : Die gebruik van programme of enige instrument om 'n permanente internet konneksie te bevorder deur middel van "pinging" word verbied.
Skynbare bediener rekeninge : Die bebruik van 'n "Skynbare Bediener Rekening" - vir die aanbeid, of herverkoop van pornografiese inhoud bevattende webtuistes, word verbied.
Misbruik van Epos rekeninge : Epos rekeninge wat aan verbruikers toegestaan word mag nie herverkoop, of vir gebruik aan derde partye gegee word nie.

Verbruikers Beleidbeveiliging
Die Verbruiker - is verantwoordelik vir die misbruik van webtuistes. Stappe om toegang te belet is sy verantwoordelikheid.
Bruiknaam en Slotwoord - maak toegang tot die verbruiker se webtuiste moontlik. Dit is die verbruiker se verantwoordelikheid om te verseker dat die inligting veilig bewaar word.

Verbruikers Beleidwerkverigting
HelloNet - webtuiste rekeninge is gevestig op onderverdeelde hulpbronne. Onbeheerde of onverantwoordelike en oorgebruik deur enkele verbruikers, plaas groot druk op ons dienseenhede. Dit veroorsaak dat alle verbruikers dienste nadelig beinvloed word, en is dus ontoelaatbaar.

Verbruikers Beleidveranderings
HelloNet - reserveer die reg om enige of alle voorwaardes en klosules hier bevat, ter enige tyd te verander, te verwyder of by te voeg soos onstandighede dit nodig ag.

Diens Voorwaardeshello-oui.za.org
Lees Asseblief - Die Afrikaans bewoorde Voorwaardes hier bevat is net 'n deel van, en die mees belangrike items soos gepubliseer in die offisiele Engelse dokument op die HelloNet Webwerf - hello-oui.za.net/terms - wat die basis van die HelloNet - voorwaardes form ...
HelloNet - Aanvaarding en betaling vir dienste gelewer, bevestig ook annvarding van voorwaardes soos omskryf op hierdie webwerf, asook op die werf hierbo genoem. Albei dele: Verbruikers Beleid (VB) en Diens Voorwaardes (DV) - is van toepssing.
Veranderings - Verbruikers aanvaar dat veranderings, soos omskryf op die vorige bladsy nie gronde vir onmiddelike be-eindiging van diens kontrakte, sonder verdere betalings ingevolge ooreenkoms is nie. Die normale vereiste van 'n 30 daë kennis tydperk, vir diens be-eindiging, sal steeds geld en is onderhewig aan die kommersiele wette van Suid Afrika. Dit word verder ooreengekom dat kontrakte of ooreenkomste, geskrewe al dan nie, bekragtigbaar is in Oudtshoorn, Weskaap, Suid Afrika.
Bekentmaking van Informasie - Die (VB) belet die gebruik van dienste vir onwettige aktiviteite. Dus; Verbruikers aanvaar dat HelloNet - persoonlike informasie van oortreders aan die owerhede sal bekendmaak ...
Diens Fooie - Verbruikers aanvaar dat fooie dikwels vir verskeie redes mag verander. Dit word aanvaar dat net die geskrewe tarief, soos gedurende onderhandelings ooreengekom, van toepassing sal wees. Ons reserveer die allenreg om pryse aan te pas vir promosies of vir enige ander redes, soos dit die - HelloNet - beleid en bestuur besluite pas. Nieteenstaande; geniet die belange van ons bestaande kliente altyd die hoogste aandag en oorweging wanneer enige besluite wat hulls mag raak, geneem word. Aanpassings ten gunste van die bestaande klient, waar moontlik, sal altyd gemaak word. ...
Payments - Die inwerkstelling van enige diens is onderworpe aan betalings soos in kwotasies of ander bevestigings bevat. Eerste bergings, of skakeleenheid betalings sal op 'n pro-rata basis vir die huidige maand bepaal word. Daaropvolgende betalings vir diens is op die eerste dag van die maand betaalbaar. Uitstaande Betalings wat nog nie op die vierde dag van die maand op ons rekening verskyn nie is onderhewig aan 'n 5% fooi per dag vanaf die oorspronklike datum waarop die betaling verskuldig was.
Alle addisionele kostes soos buitengewone bank, Forex of ander fooie is altyd deur die verbruiker betaalbaar. Kostes vir ontwerp en sekere ander dienste is onderworpe aan 'n vooruitbetaalbare bedrag van ten minste 50% van die prys ooreengekom. ...
Betaling van diens fooie - Huidiglik aanvaar - HelloNet - net eenmalige of maandelikse betalings wat direk in ons rekening gedeponeer word; elektronies of andersins.
Rekeninge wat op die 10de dag van die huidige maand nog nie betaal is nie sal sumier opgeskort word totdat betaling gemaak word. sulke opgeskorte dienste is onderhewig aan 'n onmiddelike her-installeerings koste van R150.00 voordat die diens hervat sal word. Uitstaande rekeninge sal oorgegee word aan 'n invorderings instansie vir kollekteering. Die verbruiker sal verantwoordelik wees vir alle inwinnings kostes. Volg asseblief die gepubliseerde prossedure indien u ons diens wil be-eindig ...
Geskille en Terugbetalings - Betalings vir deposito's, diens opstel, registrasies en eerste maand fooie is nie terugbetaalbaar nie. Ander eise moet skriftelik, binne 30 daë aan - HelloNet - gestuur word ...
Rekening be-eindiging - Versoeke vir die be-eindiging van rekeninge moet skriftelik gedoen word, en moet 'n kennis tydperk van 30 daë eerbiedig. Sulke kennisgewings moet gerig word aan - HelloNet - Posbus 1671, Oudtshoorn, 6620, Suid Afrika. Kanseleering mag ook deur middel van epos geskied; gerig aanHelloNet.biz. Verskaf asseblief Alle pertinente informasie ...
Onderbroke dienste - Die verbruiker aanvaar dat ons, onder geen omstandihede vir diens onderbrekings verantwoording kan aanvaar nie. ...
Nuwe Registrasies - Die registrasie van 'n nuwe webtuiste mag tussen 3 en 5 daë neem voor gebruik moontlik is. Ons fooie vir die werk sluit 'n hanteerings fooi in. Verbruikers is vry om hul eie registrasie te behartig om sodoende, moontlik die extra koste te bespaar ...
Oorplasing van Webtuiste - Oorplasings na die - HelloNet - bedieners mag soveel soos sewe (7) daë neem. Meeste registrateurs beskou oorplasings as nuut, en verlang dus registrasie fooie vir die volgende 12 maande vooruit. ...
Diens beperkings - Ons verskaf 'n 24x7 tegniese hulpdiens inverband met dienste deur ons aangebied. ...
Bandwydte en Hardeskyf spasie - Verbruiker aanvaar dat die maandelikse vebruik van hulbronne nie die toegelate kwotas mag oorskryf nie. Ons bedieners monitor die gebruik van sulke hulbronne gedurig en behou die reg om korrektiewe stappe te neem teen misbruikers van die toegelate dienste ...
Vroë Diens be-eindiging - Albei partye kan 'n diens be-eindig ter enige tyd met die verstandhouding dat die normale kennis tydperk gehandhaaf sal word, tensy uitsonderlike omstandighede dit vehoed. Sekere vry of gediskonteerde dienste vereis 'n dienstydperk van minstens twaalf (12) maande vanaf instelling. Sulke dienste sal volledig in kwotasies of ooreenkomste omskryf word. Die volgende kostes is onmiddelik betaalbaar indien so 'n diens ooreenkoms deur die verbruiker binne die genoemde tydperk be-eindig word. Indien sulke terubetalings geweier word sal oorplasing van die webtuiste geweier word ...
Verbruikers wie 'n vry webtuiste ontvang het, stem in om die registrasie koste teen R250.00 daarvan te betaal ... Verbruikers wie nie die normale opstel koste betaal het nie, stem in om ons te vergoed teen 150.00 per webtuiste ... Verbruikers wie 'n vry webwerf ontvang, aanvaar dat so 'n werf die eiendom van HelloNet - sal bly totdat die twaalf maande periode verstryk het. Die verbruiker stem ook saam dat hy vir die ontwerp en bou daarvan sal betaal teen R3750.00. Verbruiker verstaan dat indien so 'n betaling nie gemaak word nie, en indien die webwerf daarna deur 'n ander diensverskaffer geberg word; in die oorspronklike, of in gedeeltelike veranderde vormaat, sal die verbruiker vervolg word soos nodig geag ... Bestaande webwerwe deur ons herbou of herontwerp of albei, is onderhewig aan dieselfde voorwaardes as hiebo omskryf vir die verskaffing van vry webwerwe. Behalwe dat terubetaling in so 'n geval net R2000.00 sal beloop ... Verbruikers wie 'n webwerf teen ons vermindere tarief van R2000.00 ontvang; aanvaar dat so 'n werf die eiendom van - HelloNet - sal bly totdat die twaalf maande periode verstryk het. Die verbruiker stem ook saam dat hy die uitstaande bedrag sal betaal teen R1750.00. Verbruiker verstaan dat indien so 'n betaling nie gemaak word nie, en indien die webwerf daarna deur 'n ander diensverskaffer geberg word; in die oorspronklike, of in gedeeltelike veranderde vormaat, sal die verbruiker vervolg word soos nodig geag ...
Algemene Voorwaardes - Indien enige deel van hiedie voorwaardes teenstrydig met die landswette blyk te wees; sal so 'n klosule, beperking, verwagting of andersins nie van toepassing wees nie. Die oorblewende voorwaardes sal nog steeds geldig en toepaslik bly ...
Handelaars en Herverkopers - Handelaars en Herverkopers is onderworpe aan hierdie voorwaardes, asook aan enige verder voorwaardes wat moontlik in die ooreenkoms beskryf word mag word betreffende die gebruik van die HelloNet - bedieners ...

Internet Dienstevra-n-vraag
Vraag - Is 'n kontrole paneel ingesluit?
Antwoord - Ons gebruik "Apatche CPanel" - een van die beste ...
Vraag - Waar is jul bedieners gevestig?
Antwoord - Ons bedieners (servers) is gevestig in Swede, alhoewel ons kantore in Suid Afrika is ...
Vraag - Verskap julle "Windows" gebaseerde berging (hosting)?
Antwoord - Nie op hierdie stadium nie. Ons is daarop ingestel om die "Open Source" beweging te ondersteun, en ons gebruik dus produkte soos Linux, Apache, PHP, mySQL, SQL en so voorts ...
Vraag - Waarom moet ons - HelloNet - ondersteun?
Antwoord - Jammer, dit is moelik om so 'n vraag te beantwoord sonder om eensydig te wees. Stel die vraag liewer aan een of meer van ons bestaande kliente. Name is beskikbaar op aanvraag. Hou in gedagte dat ons ook ons hierdie en ander van ons eie webwerwe op ons eie bedieners huisves. Dit verseker dat ons kliente die beste diens sal geniet omdat ons elke hoek en kant van die netwerk deeglik ken. 'n Ander rede is die feit dat kliente op ons kan vertrou omdat ons 'n diens van hoë gehalte vanaf 2000 aanbied; dit vertel 'n storie in sigself ...
Vraag - Aanvaar julle krediet kaarte?
Antwoord - Nie op die oomblik nie, alhoewel die diens moontlik binnekort ingestel mag word. Dit is net so maklik, en goedkoper om direkte elektroniese betalings direk aan ons bank te maak. ...
Vraag - Kry ek 'n korting indien ek vir 'n jaar vooruit betaal?
Antwoord - Ja, die klient kan diens vir een maand vry ontvang vir 'n vooruitbetaling ...
Vraag - Moet ek 'n kontrak onderteken?
Antwoord - Nee, ons dienste word op 'n maand tot maand basis aangebied. Daar is 'n paar voorwaardes wat geld soos dit op ons self van toepassing is. Lees asseblief die voorwaardes wat van toepassing is ...

Internet Dienstebelangrik
HelloNet - mag in sekere gevalle genoodsaak word om 'n verbruiker se rekening op te skort of te be-eindig. Terugbetalings sal in sulke gevalle net oorweeg word indien ons direk verantwoordelik was vir verliese wat gelei het tot nadeel van die verbruiker. Sulke eise moet vergesêl word deur dokumentêre, Auditeur gestaafde dokumentasie, wat die eise duidelik uiteensit ...
HelloNet - ondersteun vrye vloei van informasie deur middel van die wereld wye web, en sal normaalweg nooit verbruikers se doen en late monitor nie. Ons sal nooit poog om redaksionele kontole oor die inhoud, epos transmissie of nuus groepe van 'n webwerf, op ons bedieners uit te oeffen nie. Maar in terme van ons Verbruikers Beleid (VB) en Diens Voorwaardes (DV) mag ons enige rekening verwyder wat in ons opinie onwettig is. Dieselfde aksie geld indien ons van mening is dat 'n verbruiker deur middel van sy webwerf skade aan - HelloNet - se reputasie kan veroorsaak. Ons sal ook ten alle tye met wettige owerhede samwerk in die bekamping van onwettighede optredes deur verbruikers van ons dienste ...
 |